indexMarlene le Roux is direkteur by Kunstekaap teater en dien op die kommissie van Culture Religion and Linguistic communities.

As baba het sy polio gekry en haar seun Adam is gestremd. Marlene is ‘n belangrike stem vir die regte van gestremdes.

images

David (Dave) Pepler is ‘n omgewingskundige en TV-aanbieder. Hy verwerf bekendheid as aanbieder van kykNET se program Groen. Tot sy aftrede in 2005 was hy senior lektor aan die Universiteit van Stellenbosch se departement van omgewingsake en ekologie. In 2007 word hy met die Stevenson Hamilton-prys vir sy buitengewone bydrae tot soölogie bekroon.

NmRachels39
Michael le Cordeur is verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch se Fakulteit Opvoedkunde, waar hy Afrikaans Didak­tiek doseer en aan die hoof staan van die B.Ed-program. Hy is ook die skrywer van verskeie skoolhandboeke.